• Jo-Anne Richards and Jo-Anne Hitchens running the Art of the Memoir workshops at the Karoo Art Hotel Barrydale
    The Hotel Blog

Net die beste vir Barrydale se Boksers

Posted by Rick on Sun June 5, 2022.

Ons het hulde aan Barrydale se beste Boksers gebring deur 'n spoggerige middagete aan te bied

Follow this link for a quick summary in English

As die erkende episentrum van die dorp het Die Karoo Art Hotel besef dat daar voortaan 'n daadwerklike poging aangewend moet word om inwoners wat Barrydale se naam om hoog hou, en die dorp buite sy grense bevorder, erkenning te gee - al is dit net 'n klein gebaar.

Dit was daarom 'n besondere voorreg vir ons om 'n Sondag middagete vir Sersant Conroy Williams se Panic Room Boksklub aan te bied nadat sy vegters uitstekende resultate op nasionale vlak behaal het.

Een van die vegters, Elxzandre Syster, het onlangs in Mosselbaai hom as SA Kampioen bevestig terwyl die res van die klub se vegters ook hul uitstekend van hul taak gekwyt het.

Die manne het vir diè geleentheid by die hotel hul beste voetjie voor gesit en in spog pakke (hul Sondag beste) saam met hul ouers aangesit.

Ja die ouers, veral die dames, het spoggerig gelyk en Conroy was dalk meer trots as enige iemand anders.

Daarmee saam was dit vir ons net so 'n groot eer om die burgemeester van Swellendam, Mr Francois du Rand, asook 'n verteenwoordiger van Barrydale se besighede, Me Sarah Fitzgerald, in ons midde te hê.

Barrydale Panic Room

 

Mr Du Rand het dit duidelik gemaak dat hy alles in sy vermoë gaan doen om die dorp, en sy kookwater boksers, te ondersteun waar hy kan.

Ons bekroonde sjef, Derek Lowe, het natuurlik vir kos vanuit die boonste rakke gesorg en ons vertrou dat hierdie jong manne (en hul gesinne) die middag saam met ons geniet het.

Hierdie was maar 'n klein gebaar van die hotel af, maar dit was 'n begin.

Baie dankie vir alles wat jy vir die dorp beteken Conroy. Jy is 'n staatmaker en ons is trots op jou!

 

Desert